Ek het al telkemale my woede op jou videos uitgehaal. Maar vandag het ek besluit, hierdie is die heel laaste blogpost wat ek oor jou gaan skryf. Ek is regtig moeg om elke aand kwaad te gaan slaap nadat ek een van jou videos of nuutste Facebook posts met 'n #Bringthegoodnews t-hemp gesien het.
Ek is moeg vir jou aanhangers wat hulle "waarde" in Christenskap moet bevestig deur kommentaar te lewer met iets soos: "Johandre', jy's 'n inspirasie. Dankie dat jy die Here se naam hoog hou met hierdie boodskap" of "Johandre', hulle is net kwaad omdat jy die waarheid spreek". En dan begin 'n geveg. Mense voel bedreig. Mense voel seergemaak. Mense dink dis "die Heer se plan" om ander te oordeel, want dit gaan "hulle" tog op die ou en op die "regte pad kry".
Of jy daarvan hou of nie, jou knie SAL buig en jou tong SAL belei dat Jesus Christus die Here is tot die heerlikheid van God die Vader.
(Filippense 2:11)
#BringTheGoodNews
•till the whole world hears.
•till the whole world hears.
"Jou knie SAL buig" oh, okay dankie dat jy my herinner dat geloof iets is waaroor jy nie kan besluit nie. "Jou tong SAL belei" en dankie dat ek net altyd moet "Jammer" wees sonder om te vra "God, Hoekom?"
"Die armste persoon op hierdie aarde is nie die een sonder geld nie, dis die persoon sonder Jesus.
#BringTheGoodNews
•till the whole world hears•:"
•till the whole world hears•:"
Ek sal onthou om dit volgende keer vir die kind te noem wat my kom smeek vir geld of kos
"Dit is werklik hartseer om te sien dat mense soveel tyd en energie gebruik om sonde goed te praat en om dit te probeer verdedig. Gebruik eerder daardie energie en tyd om sonde uit jou lewe uit te kry en om Heiligmaking na te streef.
Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking.
I THESSALONICENSE 4:7
I THESSALONICENSE 4:7
#BringTheGoodNews
•till the whole world hears•"
•till the whole world hears•"
Dus: bevraagteken niks. Aanvaar net.
Jy't bykans 25 000 volgelinge op Facebook. Baie geluk.
Intussen het Brock Turner 'n meisie verkrag en net 3 maande in tronk selle gekry. En Orlando. Ja... orlando.
Cheers.