Saturday, 18 June 2016

Geagte Johandre Potgieter: Cheers.

Geagte Johandre,

Ek het al telkemale my woede op jou videos uitgehaal.  Maar vandag het ek besluit, hierdie is die heel laaste blogpost wat ek oor jou gaan skryf.  Ek is regtig moeg om elke aand kwaad te gaan slaap nadat ek een van jou videos of nuutste Facebook posts met 'n #Bringthegoodnews t-hemp gesien het.

Ek is moeg vir jou aanhangers wat hulle "waarde" in Christenskap moet bevestig deur kommentaar te lewer met iets soos: "Johandre', jy's 'n inspirasie.  Dankie dat jy die Here se naam hoog hou met hierdie boodskap" of "Johandre', hulle is net kwaad omdat jy die waarheid spreek".  En dan begin 'n geveg.  Mense voel bedreig.  Mense voel seergemaak.  Mense dink dis "die Heer se plan" om ander te oordeel, want dit gaan "hulle" tog op die ou en op die "regte pad kry".

Of jy daarvan hou of nie, jou knie SAL buig en jou tong SAL belei dat Jesus Christus die Here is tot die heerlikheid van God die Vader.
(Filippense 2:11)
‪#‎BringTheGoodNews‬
•till the whole world hears.

"Jou knie SAL buig"  oh, okay dankie dat jy my herinner dat geloof iets is waaroor jy nie kan besluit nie. "Jou tong SAL belei"  en dankie dat ek net altyd moet "Jammer" wees sonder om te vra "God, Hoekom?" 

"Die armste persoon op hierdie aarde is nie die een sonder geld nie, dis die persoon sonder Jesus.
‪#‎BringTheGoodNews‬
•till the whole world hears•:"

Ek sal onthou om dit volgende keer vir die kind te noem wat my kom smeek vir geld of kos

"Dit is werklik hartseer om te sien dat mense soveel tyd en energie gebruik om sonde goed te praat en om dit te probeer verdedig. Gebruik eerder daardie energie en tyd om sonde uit jou lewe uit te kry en om Heiligmaking na te streef.
Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking.
I THESSALONICENSE 4:7
‪#‎BringTheGoodNews‬
•till the whole world hears•"

Dus:  bevraagteken niks.  Aanvaar net. 

Jy't bykans 25 000 volgelinge op Facebook.  Baie geluk. 
Intussen het Brock Turner 'n meisie verkrag en net 3 maande in tronk selle gekry.  En Orlando.  Ja... orlando. 

Cheers. 





Wednesday, 9 March 2016

What I wish somebody told me about teaching in South Korea.

"Soju've been wanting to work and travel 'ay?"

(Sorry I just needed to put a funny pun out there, since this job is NO JOKE.)

I've been living in Seoul for almost 2 weeks now.  The culture is not even comparable to a place like South Africa's.  If I can sum it up in one word it would be: exhausting.  Everything I thought I knew about "not taking life to seriously" and "YOLO" has vanished.  But before you think I'm being the biggest "Negative Nancy" ever, I want to throw you into the deep end and tell you about teaching English to Kindergarten and Elementary kids.

Never in my life have I been this exhausted.  Your hours are from mornings to evenings (09:30 - 19:30).  The language barrier from English to Korean is something I can't even try to explain.  It doesn't help yelling at 6 year old's when they throw pen into another kid's eye, because they don't understand a word you are yelling.

If you're ever considering teaching in the east and you think: "Nah, it's gonna be easy, and I'm gonna party like a first year varsity student who just discovered alcohol"  or "I've always wanted to see the world, this is a dream come true!" think again.  Yes, you will see another part of the world (or just the inside of a pub on weekends, because you're just too tired to go anywhere).

When I started teaching here I also thought that everything will be explained, and I'll know exactly in about 2 weeks time what to do when and where... oh hell no.  Our Korean staff members basically gave us our textbooks, roster and said:  "There you go, goodluck".  You are extremely lucky if the previous foreign teachers are at the school that day to go through everything with you.

I'm not regretting my decision for one second coming here, but I am reconsidering this career. This is really no joke, and if you don' like kids and only want to do this for the money, you're going to go home during the first week. One positive thing is I can swear at all these spoiled brats in Afrikaans (or even in english), and  they won't understand a single word.  At this stage I just feel like passing out on my bed and watching Keeping up with the Kardashians.  If you're planning to teach English abroad in the near future, I truly recommend you talk to people who've been to the same school you are planning on going to.

Maybe by next week something amazing might happen and I will love every minute of 09:30-19:30, but for now I'm hating every second and loving the thought of Friday evening.




Thursday, 3 March 2016

Hoekom dit die beste besluit was om Stellenbosch te verlaat.

Presies een week terug het ek in my bed gelê en die ure om gewens om net met 'n nuwe hoofstuk te begin. Ek was (en is nogsteeds) bang, opgewonde, "verlig", en angsbevange om uit Suid Afrika te gaan.  Met my aankoms in Suid Korea het ek onmiddelik besef hoe klein my wêreld is.  Ek het gedink die lewe kan nie beter raak as jy 'n student op Stellenbosch is nie.  Ek meen, dis 'n absolute utopia, al my vriende is daar.  Ek het al probeer om myself op te bou deur by elke liewe organisasie te werk en aan te sluit.   Ek het gedink om deel te wees van 'n groep soos Afriforum sal my laat "deel" voel van iets, en my "ryker" as mens maak. Nu'bar raak nooit oud nie, Bohemia se boks wyn op die stoep laat jou vir 'n oomblik vergeet van jou dosent, (of manager by Big Easy) terwyl jy die hipster oorkant die pad aangluur wat by Foodlovers se deur uitloop.

Jy gaan op facebook, Stellies Rage het jou koerant geword.  Opinies word rondgegooi, en elke tweede student dink om te "comment" gaan hul trots en beter oor hulself laat voel.

Ek wil jou vandag iets belowe liefste Matie (of enige ander stundent), as jy dink jou lewe gaan stilstaan, en terselfde tyd deurmekaar raak as jy by dieselfde plek bly, is jy 100% reg.  Op die oomblik sit ek in 'n piepklein woonstel in Seoul, met 'n industriële gebied rondom my, en gee klas vir kinders, waarvan party nie eers "Hello" verstaan nie.  Dit klink dalk na die grootste nagmerrie, maar hoor my lied:  Daar is geen ander plek in die wêreld waar ek op hierdie stadium anders sou wou wees nie.

Ek wens jy kon sien hoe DOM lyk Suid Afrika op Sosiale Media sodra jy in hierdie massiewe plek is.  Ek wens jy kon sien watse druppel jy (en jou vyande) in die emmer is.  Ek wens jy kon ook hierdie mense se kos proe, en die geleentheid aangryp as dit iewers op jou pad kom.   Die belangrikste van alles wat ek egter nou besef:  Ek wens jy kan besef hoeveel jy werd is.  Jy verdien om die wêreld te sien en vir jouself te sê dat jy elke sekonde ge "own" het.

Protesteer vir nou (as jy regtig wil), of staan hard op daarvoor, maar ek belowe jou... as jy beheer gaan neem oor jou lewe, en besluit daar moet iets groter daar buite wees, gaan jy uiteindelik sien dat daar nie kans is om nog tyd te mors op onbenullighede, skinderstories, dronk studente en belaglike debatte nie.  Ek wil nie klink soos 'n tweede Nianelle wie se "blogpost" lyk soos iets wat eintlik in die Finesse tydskrif hoort nie, ek wil net met jou praat soos iemand wat tuna uit 'n blik uit eet met die uitsig van Seoul se liggies voor my.

Go get 'em.

Wednesday, 6 January 2016

'n Ope Brief aan Johandre Potgieter

Geagte Johandre Potgieter,

Kom ons praat...

Jou video "Hoekom reën dit nie in Suid Afrika nie?" het al oor die 200 000 kyke in die afgelope 2 dae gekry, en ek kan dink hoe trots jy moet voel.  Ek meen, die Here het immers met JOU gepraat, en vir JOU vertel die droogte in die land is te danke aan die "geestelike droogte wat oor die volk van SA gekom het".
Ek verstaan jy moes jou argument steun deur 'n reeks tekste in die Bybel aan te haal, en dan moes jy die voorbeeld ook gebruik van die vrou wat in 'n kwessie van 2 maande in drie verskillende Kerke was.  Jy't haar genader en gevra hoekom sy so tussen Kerke is, en sy't pleinweg haar opinie gegee en gesê:  "want ek wil kan gaan waar ek goed voel oor myself".  Dis hier waar hierdie groot "probleem" vir jou begin kop uit steek het.

Johandre, dis egter nie jou video wat my so ontstel het, dat ek my eie geloof bevraagteken nie, maar eerder die kommentaar wat mense op jou  video gelos het.  Die ironie in hierdie saak is:  JY het die video gemaak, en kan lekker agter oor sit, terwyl sommige jou prys, ander met jou stry, en dan takel Christene mekaar.  Jy voel maar ewe te veel in jou tjops, want jou video is al oor die 20 000 keer geshare (soos jy gevra het) en jy't iets soos 5000 "likes" op jou blad gekry binne een dag (soos jy gevra het).

Maar kom ons raak gou bietjie ernstig oor hierdie "geestelike droogte" waarna jy verwys.  Ek sal nou sommer ook my voorbeeld in die emmer gooi:  Die oomblik nadat iemand bv. verkrag word, is daar baie vrae.  Vrae wat niemand kan antwoord nie.  Hierdie persoon "dwaal dalk van die pad af", begin drink, rook en vloek, want niemand verstaan nie.  Die persoon wil vir 'n rukkie lank nie Kerk toe gaan nie, en wil definitief ook nie bid nie.  Oh griet!  So hierdie persoon het seker nou 'n "geestelike droogte" dis hoekom God hierdie persoon so "straf".

Tydens die tweede wêreld oorlog, is 'n getal van 6 miljoen jode uitgewis.  Vir geen rede nie.  Net omdat hulle bloot "Jood" was.  'n Joodse dogtertjie word in 'n huis groot waar sy nie iets anders ken nie.  Sy stap in 'n gaskamer in nadat haar pa en broer voor haar doodgeskiet is.  Sy's ook "gestraf".  Sy't dus seker ook 'n geestelike droogte gehad?

Ek dink nie ek dien dieselfde God as wat jou aanhangers dien nie.  Die God wat ek ken, weet ek is 'n mens wat foute maak, en al geleer het dat die Bybel meer as 2000 jaar terug geskryf is.  Hy weet ook dat ek 'n gesonde verstand gekry het om sekere aanpassings in my omgewing en manier van dink te maak.  Hy weet ook dat ek nie verkeerd is om na Fokofpolisiekar te luister, en vrae oor geloof te vra nie. Hy weet ook dat ek GEEN reg het om ander te oordeel volgens hul geloofsoortuigings of keuses wat hulle in die lewe maak nie.  Al wat ek hieraan wel kan doen, is om saam met hierdie persoon 'n glas rooiwyn te drink en te vra oor waarin hulle glo (of nie glo nie), sodat my klein wêreld kan verbreed.

Ek wil jou uitdaag om 'n video te maak met 'n titel soos:  "Christene het nie 'n reg om enige iemand te oordeel nie".

Nou moet jy my verskoon terwyl ek gou "skyn (heilig)" van Fokofpolisiekar, in rus en vrede kan klaar luister.

Groete,

Corlia Wilkens